MEER OOR AFRIFORUM TEATER

Taal vergestalt betekenis. Dit gee inhoud en sin aan die lewe en betekenis aan ons bestaan.
Ons praat, sing, lag en dink in Afrikaans en daarom was daar soveel sin in die totstandkoming van ’n teater in Afrikaans.
Die AfriForum Teater se doel is om kunstenaars en gemeenskappe bymekaar te bring en ’n plek te gee waar Afrikaanse kuns en kultuur omskep kan word in ’n onvergeetlike teaterervaring met elke besoek.

Die Teater Kan In ’N Korporatiewe Aanbiedingslokaal Omskep Word

Unieke Funksie Gebou Rondom Jou Behoeftes

Die AfriForum teater is nie net ’n tuiskomplek vir Afrikaanse kunste nie, maar ook vir gemeenskappe. Die teater nooi gemeenskappe, organisasies en korporatiewe instansies uit om hulle geleenthede by die teater te kom aanbied.

TEATERBESPREKINGS

KONFERENSIES / geleenthede

Die AfriForum Teater is ’n ouditoriumstyl- of restaurantstyl-teater met 380 sitplekke, optimaal toegerus. ’n Verskeidenheid funksies kan hier aangebied word, van korporatiewe funksies, galafunksies en konferensies tot konserte, kunswedstryde en nog vele meer.

LIGGING

Die teater is ideaal geleë in Menlopark, in die hartjie van die ou ooste van Pretoria, naby die Atterbury-afrit van die N1. Dit maak deel van die Greenlyn Village-inkopiesentrum uit.