Konferensies
Bespreek AfriForum Teater vir jou volgende geleentheid.
Die teater is toegerus met 370 teaterstoele in die tradisionele teaterstyl en kan tot en met 140 gaste behartig in die verskillende konferensiestyle.
Wat is beskikbaar?
Die teaterspan bied professionele, flink diens aan kliënte wat jou konferensie van die begin tot einde afrond.
Organiseerders kan met ’n geruste hart opdaag en verseker wees van ’n seepgladde geleentheid.
Konferensiefooi:
R15 500 BTW uitgesluit vir ses ure se gebruik.
Bespreek vandag nog jou geleentheid by AfriForum Teater.
066 420 6181/ teater@afriforum.co.za
Spyseniering
Die teater spog met sy eie restaurant, Pronk, wat as die teater se spyseniers vir funksies en geleenthede dien. Pronk het ’n Afrikaanse, Franse aanslag met sjef en eienaar Ané Wait wat haar opleiding in Frankryk ontvang het en oor ’n wye kennis van wyne beskik. Alle etes of verversings word noukeuring deur die restaurant voorberei om seker te maak dit voldoen aan die grootte, smaak en begroting van jou geleentheid.
