BLY IN KONTAK

Gereelde vrae

Klik op die geleentheid of uitvoering waarin jy belangstel, en volg dié maklike stappe:

  1. Kies die getal kaartjies (en enige byvoegings, indien nodig).
  2. Voeg jou bespreking in jou mandjie en gaan na plaas bestelling-blad.
  3. Voltooi jou inligting.
  4. Kies jou betaalmetode.
  5. Volg dan die Payfast-stappe. 

Wanneer jy die proses voltooi het, sal jy ’n e-pos met jou bespreking en kaartjies ontvang.

E-pos teater@afriforum.co.za as jy enige vrae het.

Ongelukkig kan kaartjies nie omgeruil of terugbetaal word wanneer jy dit aangekoop het nie. Ons hanteer slegs terugbetalings wanneer die geleentheid of vertoning gekanselleer word deur 1) die teater self of 2) die kunstenaar.

Wanneer jou bespreking suksesvol is, sal jy ’n e-pos ontvang met jou bestelnommer, asook ’n volgende e-pos met jou kaartjies kort daarna. Indien jy geen e-pos sien nie, loer gerus tussen jou gemorspos.

Kaartjiepryse verskil van geleentheid tot geleentheid en vertoning tot vertoning. Sekere kaartjies mag ook bykomende produkte hê (byvoorbeeld ’n bottel wyn), wat die prys mag beïnvloed.

Indien die geleentheid of vertoning dit toelaat, sal die keuse van beskikbare sitplekke aan jou gebied word.

Kinders jonger as een jaar kan geleenthede of vertonings gratis bywoon. Jy moet egter kaartjies koop as jou kind ouer as een jaar is.

AfriForum maak gebruik van Payfast, ’n derdepartyprosesseringsmaatskappy. Die teater het dus geen toegang tot jou persoonlike inligting nie. Indien ’n betaling nie onmiddellik deurgaan nie, wag asseblief ’n paar minute en probeer weer. As jy steeds nie regkom nie, e-pos asseblief teater@afriforum.co.za.

Sekere geleenthede of vertonings het ’n beperking op die getal kaartjies, maar onder normale omstandighede is daar geen beperking nie.

Jy is welkom om dit te doen. Onthou asseblief dat elke kaartjie slegs vir een persoon geldig is.

Jy kan jou kaartjie(s) óf druk, of digitaal saambring om toegang tot die vertoning te kry.

Dit verseker dat jy toegang tot al jou aankope in die verlede het, asook vir toekomstige geleenthede of vertonings. Jou profiel stel jou in staat om na vorige bestellings te kyk, kaartjies oor af te laai of jou inligting by te werk.

Daar word by elke geleentheid of vertoning aangedui word of die teater in restaurant- of teaterstyl gepak is.

AfriForum Teater pas alle toepaslike Covid-19-reëls en regulasies toe. E-pos teater@afriforum.co.za as jy enige vrae of bekommernisse het.

E-pos teater@afriforum.co.za of skakel ons by 066 420 6181. Ons besonderhede is ook op ons kontakblad beskikbaar.

Loer gerus hier om meer uit te vind oor wat die AfriForum Teater het om te bied.

Die AfriForum Teater is geleë in die Greenlyn Village-sentrum, h.v. Thomas Edison- en 13de Straat in Menlopark, Pretoria.

Kaartjies is slegs geldig as dit via die AfriForum Teater-webtuiste gekoop is. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir vervalste of onwettige kaartjies wat op ander webtuistes aangekoop is nie.

Tensy anders aangedui, is die standaarddrag semi-formeel.

Die deure van die teater maak 20 minute voor die geleentheid of vertoning oop, en sluit 5 minute voor die geleentheid of vertoning begin. Ons beveel dus aan om sowat 30 minute voor die vertoning begin reeds by die teater te wees.

Daar is ’n binnehuise restaurant, Pronk, op die perseel. Kontak Pronk gerus by 012 881 4522 met enige navrae of om ’n bespreking te maak.

Jy is meer as welkom om eet- of drinkgoed by die restaurant te koop en by die teater in te neem.

Op die besprekingsblad is daar ’n opsie om jou koepon- of geskenkbewyskode in te sleutel. E-pos teater@afriforum.co.za as jy enige probleme ondervind.

Wanneer jy jou koeponkode of geskenkbewys ontvang, sal daar duidelik aangedui word vir watter tydperk dit geldig is. Die standaardtydperk is ses maande vanaf ontvangs.

Jy kan jou wagwoord verander, na vorige besprekings kyk of jou inligting bywerk deur hier te klik.