Meer oor AfriForum Teater
Taal vergestalt betekenis. Dit gee inhoud en sin aan die lewe en betekenis aan ons bestaan. Ons praat, sing, lag en dink in Afrikaans en daarom het die totstandkoming van ’n teater in Afrikaans sin gemaak. AfriForum Teater se doel is om kunstenaars en gemeenskappe bymekaar te bring en ’n plek te gee waar Afrikaanse kuns en kultuur omskep kan word in ’n onvergeetlike teaterervaring met elke besoek.
Die teater kan in ’n korporatiewe aanbiedingslokaal omskep word.
Unieke funksies kan rondom jou behoeftes gebou word
AfriForum Teater is nie net ’n tuiskomplek vir Afrikaanse kunste nie, maar ook vir gemeenskappe. Die teater nooi gemeenskappe, organisasies en korporatiewe instansies uit om hul geleenthede by die teater te kom aanbied.
Konferensies / Geleenthede
AfriForum Teater is ’n ouditoriumstyl- of restaurantstylteater met 380 sitplekke, optimaal toegerus. ’n Verskeidenheid funksies kan hier aangebied word, van korporatiewe funksies, galafunksies en konferensies tot konserte, kunswedstryde en nog vele meer.
Ligging
Die teater is ideaal geleë in Menlopark in die hartjie van die ou ooste van Pretoria, naby die Atterbury-afrit van die N1. Dit maak deel uit van die Greenlyn Village-inkopiesentrum.
Wat hierdie teater van enige ander konferensielokaal of teater van vergelykbare grootte onderskei, is dat dit veeldoelig ingerig kan word om jou geleentheid enig in sy soort te maak. Die teater is ook toegerus met professionele klank en beligting. Tegniese ondersteuning op die perseel word by die verskillende konferensiepakkette ingesluit. Die teater beskik ook oor ’n noodkragopwekker wat aan die hele teater se elektrisiteitsbehoeftes kan voldoen.

Klaviere met trots geborg deur WS Pianos.