Bepalings en voorwaardes
* Sodra die transaksie afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van AfriForum Teater. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
- Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en/of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
- Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word in die lokaal vertoon.
- Die bemarker/lokaaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
- Die bemarker/lokaaleienaar kan die geleentheid uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
- Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
- Vir spesialebehoeftesitplekke, stuur asseblief ’n e-pos na teater@afriforum.co.za.
- Afslag is slegs geldig op kaartjies wat aanlyn gekoop word by AfriForum Teater.
Die teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna niemand nie meer die teater sal kan binnegaan nie.
Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor óf ná die vertoning nie.