Kontak ons
Kontak ons gerus vir navrae oor vertonings en besprekings.
Neem asseblief kennis dat ons sal poog om jou navrae binne die volgende 24 tot 48 uur te hanteer.
Kaartjiekantoorure
Maandae tot Donderdae: 09:00–15:00
Vrydae: 09:00–13:00
Laat ’n boodskap
"*" indicates required fields
Gereelde vrae
Klik op die geleentheid of uitvoering waarin jy belangstel, en volg dié maklike stappe:
- Kies die getal kaartjies (en enige byvoegings, indien nodig).
- Voeg jou bespreking in jou mandjie en gaan na die “Plaas bestelling”-blad.
- Voltooi jou inligting.
- Kies jou betaalmetode.
- Volg dan die Payfast-stappe.
Wanneer jy die proses voltooi het, sal jy ’n e-pos met jou bespreking en kaartjies ontvang. Stuur ’n e-pos na teater@afriforum.co.za as jy enige vrae het.
Ongelukkig kan kaartjies nie omgeruil of terugbetaal word nadat jy dit aangekoop het nie. Ons hanteer slegs terugbetalings wanneer die geleentheid of vertoning gekanselleer word deur 1) die teater self of 2) die kunstenaar.
Wanneer jou bespreking suksesvol is, sal jy ’n e-pos ontvang met jou bestelnommer, asook ’n e-pos met jou kaartjies kort daarna. Indien jy geen e-pos sien nie, loer gerus tussen jou gemorspos.
Kaartjiepryse verskil van geleentheid tot geleentheid en vertoning tot vertoning. Sekere kaartjies mag ook bykomende produkte hê (byvoorbeeld ’n bottel wyn), wat die prys mag beïnvloed.
Indien die geleentheid of vertoning dit toelaat, sal die keuse van beskikbare sitplekke aan jou gebied word.
Kinders jonger as een jaar kan geleenthede of vertonings gratis bywoon. Jy moet egter kaartjies koop as jou kind ouer as een jaar is.
AfriForum maak gebruik van Payfast, ’n derdepartyprosesseringsmaatskappy. Die teater het dus geen toegang tot jou persoonlike inligting nie. Indien ’n betaling nie onmiddellik deurgaan nie, wag asseblief ’n paar minute en probeer weer. As jy steeds nie regkom nie, stuur asseblief ’n e-pos na teater@afriforum.co.za.
Sekere geleenthede of vertonings het ’n beperking op die getal kaartjies, maar onder normale omstandighede is daar geen beperking nie.
Jy is welkom om dit te doen. Onthou asseblief dat elke kaartjie slegs vir een persoon geldig is.
Jy kan jou kaartjie(s) óf druk, óf digitaal saambring om toegang tot die vertoning te kry.
Dit verseker dat jy toegang tot al jou aankope van die verlede het, asook vir toekomstige geleenthede of vertonings. Jou profiel stel jou in staat om na vorige bestellings te kyk, kaartjies oor af te laai of jou inligting by te werk.
Daar word by elke geleentheid of vertoning aangedui of die teater in restaurant- of teaterstyl gepak is.
Stuur ’n e-pos na teater@afriforum.co.za of skakel ons by 066 420 6181. Ons besonderhede is ook op ons kontakblad beskikbaar.
Volg gerus die stappe op ons besprekingsblad.
Loer gerus hier om meer uit te vind oor wat AfriForum Teater het om te bied.
AfriForum Teater is geleë in die Greenlyn Village-sentrum, h.v. Thomas Edison- en 13de Straat, Menlopark, Pretoria.
Kaartjies is slegs geldig as dit via AfriForum Teater-webtuiste gekoop is. Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir vervalste of onwettige kaartjies wat op ander webtuistes aangekoop is nie.
Tensy anders aangedui, is die standaarddrag semi-formeel.
Die deure van die teater maak 20 minute voor die geleentheid of vertoning oop, en sluit 5 minute voor die geleentheid of vertoning begin. Ons beveel dus aan om sowat 30 minute voor die vertoning begin, reeds by die teater te wees.
Daar is ’n binnehuise restaurant, Pronk, op die perseel. Kontak Pronk gerus by 012 881 4522 met enige navrae of om ’n bespreking te maak.
Jy is meer as welkom om eet- of drinkgoed by die restaurant te koop en by die teater in te neem.
Daar ’n opsie op die besprekingsblad om jou koepon- of geskenkbewyskode in te sleutel. Stuur ’n e-pos na teater@afriforum.co.za as jy enige probleme ondervind.
Wanneer jy jou koeponkode of geskenkbewys ontvang, sal daar duidelik aangedui word vir watter tydperk dit geldig is. Die standaardtydperk is ses maande vanaf ontvangs.
Jy kan jou wagwoord verander, na vorige besprekings kyk of jou inligting bywerk deur hier te klik.