“Hulle het geskiedenis gemaak, nou maak ons dit weer.”

Bespreek jou sitplek hier!

Geliefde musiekspel Ons vir jou in 2026 op die planke met Bok van Blerk as genl. De la Rey

Ons vir jou, die Tweede Vryheidsoorlog-musiekspel uit die pen van Hertzogpryswenner Deon Opperman en Sean Else en met musiek deur Johan Vorster, kom in April 2026 vir die eerste keer in meer as ’n dekade weer op die planke. Bok van Blerk, musikant, akteur en touleier van die sogenaamde De la Rey-generasie, gaan boonop die rol van die rateltaai Boeregeneraal Koos de la Rey vertolk in dié produksie wat hierdie keer met ’n geknal van Mausers en die dreuning van kanonne na die AfriForum Teater in Pretoria kom.

Dié ikoniese musiekspel, die eerste vollengte musiekspel oor die verwoestende oorlog van 1899–1902, het in 2008 in die Staatsteater gedebuteer. Dit het daarna op publieke aandrang in 2009 en 2012 teruggekeer na die Staatsteater waar dit weer uitverkoopte speelvakke beleef het. Die produksie het selfs in 2013 ’n Kaapse draai gemaak toe dit by die Artscape-teater opgevoer is.

Hierdie keer vat AfriForum en die span van Inhoud Huis Musiek, wat verantwoordelik was vir musiekteatertreffers soos Die GelofteDie KaplynDie Afrikaner maak so en Semi-Soet – die musiekblyspel, hande om dié verhaal na die AfriForum Teater te bring.

Deel die nuus met jou vriende en familie!

Lê ‘n oudisie hier af!

Wil jy graag deel wees van hierdie besondere musiekspel? Volg die skakel hieronder om jou oudisieproses te begin.

Materiaal ter voorbereidingvan jou oudisie video

Kontak ons

"*" indicates required fields

This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Naam en van*