Oor die blyspel

’n Geliefde verhaal uit die goue era van Afrikaanse televisie kry nuwe lewe op die verhoog.

Agter Elke Man – die musiekblyspel bring die bekende karakters, humor en verhoudings van die oorspronklike reeks na ’n nuwe generasie – met oorspronklike musiek en ’n vars verhoogervaring.

Elandré vertolk die rol van Bruce Beyers, met Amanda Strydom as die onvergeetlike Antie Stienie. Onder regie van Jannes Erasmus, met oorspronklike musiek deur Johan Vorster en Jacomien de Wet, word dié geliefde Afrikaanse storie in ’n kleurryke 80’s-wêreld opnuut vertel.

April – Junie 2027
Elandré as Bruce Beyers
AfriForum Teater Eksklusief
MET ELANDRÉ AS BRUCE BEYERS
WIE IS TANNIE STIENIE?
KAARTJIES OPEN 1 OKTOBER 2026
NOU AMPTELIK OOP
BELEEF DIT OP DIE VERHOOG

Kies jou vertoning en bespreek jou kaartjies.

Kaartjies beskikbaar vanaf R250.

Week Vrydag 19:00 Saterdag 14:00 Sondag 11:00
1 30 April 1 Mei 2 Mei
2 7 Mei 8 Mei 9 Mei
3 14 Mei 15 Mei 16 Mei
4 21 Mei 22 Mei 23 Mei
5 28 Mei 29 Mei 30 Mei
6 4 Junie 5 Junie 6 Junie
7 11 Junie 12 Junie 13 Junie
8 18 Junie 19 Junie 20 Junie
VRAE OOR KAARTJIES

Sodra jou bespreking voltooi is, word jou e-kaartjies per e-pos aan jou gestuur. Jy kan dit op jou selfoon stoor en by die teaterdeur wys wanneer jy arriveer.

Hou jou e-pos dop – en kyk ook in jou spam-/gemorspos-lêer indien jy dit nie ontvang nie.

Die produksie het ’n ouderdomsbeperking van 13 jaar weens volwasse temas en verwysings na onder meer geweld, dwelmgebruik en seks.

Ja! Spesiale groeptariewe is beskikbaar. Kontak die AfriForum Teater-span by teater@afriforum.co.za vir meer inligting en om jou groep se bespreking te reël.

Oudisies

Jou kans om deel van die storie te word.

Ons is op soek na talentvolle kunstenaars om deel te word van hierdie nuwe verhoogproduksie.

Aansoeke vir oudisies is nou oop.
Voltooi die aansoekvorm en stuur jou besonderhede voor die sperdatum in.

Sperdatum vir aansoeke: 26 Oktober 2026