2022-10-18

-

2022-10-23

19:00

14:00 | 15:00 | 19:00

19:00

14:00 | 15:00 | 19:00

0.0/5

Spertyd, met Sandra Prinsloo.

SKU N/A Kategorië , ,

Spertyd is in die Covid-inperking ontwikkel en het onder die Aardklop-vaandel geopen. Na slegs hierdie een speelvak word Prinsloo vir ’n Fiëstas-toekenning as beste aktrise genomineer. In 2022 word die produksie met die Fleur du Cap-toekenning vir die beste eenpersoonsvertoning bekroon. Spertyd is ’n reis deur die kontinent van die ouderdom: My lewe is nou ’n doodloopstraat. My dogter sê: Ma, mens bly nooit in ’n doodloopstraat nie. Jy draai om, ry terug en kry ’n nuwe koers.

Dit klink baie dapper, maar ek is nie meer dapper nie. So eerlik en onsentimenteel skryf die bekroonde Elsa Joubert oor die oudwordproses. Prinsloo volg haar vorige kragtige eenvrouvertonings (Kamphoer – die verhaal van Susan Nell en Oskar en die pienk tannie) in hierdie werk op, wat inspireer en ontroer, maar ook vertroos.

Joubert is op 14 Junie 2020 tydens die Covid-pandemie oorlede. Kort voor haar dood het sy die teksverwerking gelees en sy was opgewonde oor Prinsloo se vertolking van haar lewensverhaal. Die karakter kyk op 95-jarige ouderdom terug op haar vol lewe sedert haar kinderjare, haar huwelik tot waar sy tans as weduwee in ’n aftreeoord woon. Die herinneringe daag bloot op, soos wat herinneringe maar doen. Menige Suid-Afrikaner vind aanklank by hierdie intieme introspektiewe verhaal met sy universele kwessies. Sy vertel oor die oudwordproses, waarmee elke mens en sy of haar gesin onvermydelik gekonfronteer word. Dit bied ’n helder insig in hierdie merkwaardige skrywer se lewensbeskouing en nooi ten slotte die gehoor uit om diep oor hul bestaan na te dink.

Klankbaan: Simon Kohler
Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp
Vervaardig deur: Margit Meyer-Rödenbeck en Alexa Strachan
Ondersteun deur: Aardklop, NATi, L.W. Hiemstra Trust, Clemengold, RSG

Neem asseblief kennis: AfriForum Teater kan ongelukkig geen aangekoopte kaartjies skuif, uitruil of terugbetaal nie.

Koop jou kaartjie

Begin oor

Kies jou sitplek (0)

R200,00

Kaartjie inligting

Bykomende inligting

Datum:

Dinsdag, 18 Oktober, Woensdag, 19 Oktober, Donderdag, 20 Oktober, Vrydag, 21 Oktober, Saterdag, 22 Oktober, Sondag, 23 Oktober

Tyd:

14:00, 15:00, 19:00

Kaartjieprys

R200,00

Rolverdeling

Sandra Prinsloo

Teks en regie deur

Philip Rademeyer, na die roman deur Elsa Joubert

Teater

WhatsApp Inligtingsgroep

AfriForum Teater het 'n WhatsApp-groep gestig waarby jy nou kan aansluit om op hoogte te bly van al ons nuus en promosies.

AfriForum-ledevoordeel

Het jy geweet? AfriForum-lede ontvang verskeie voordele en korting op AfriForum Teater-besprekings.

Deel hierdie geleentheid

Teken In Op Ons Nuusbrief

Tafel Styl

Teater Styl

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Het jy reeds ‘n profiel?

Teken nou aan of skep ‘n profiel vir ‘n beter gebruikerservaring.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL