2022-02-05

17:00

0.0/5

Solidariteit Helpende Hand se Cappuccino’s-tak bied met trots aan: Liefdeskonsert met Christiaan Snyman

Kategorië ,

Solidariteit Helpende Hand se Cappuccino’s-tak bied met trots aan:

Liefdeskonsert met Christiaan Snyman 

Die konsert word aangebied ten bate van die gemeenskapstudiefonds van Helpende Hand se Cappuccino’s-tak. Fondse wat tydens die geleentheid ingesamel word sal aangewend word om twee studente vanuit ons eie gemeenskap met rentevrye studielenings te ondersteun. 

Die basbariton Christiaan Snyman het opera aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en die Universiteit van Kaapstad (UK) onder dr. Nellie du Toit studeer, waarna hy ses jaar lank by die Theater Koblenz in Duitsland gesing het, asook by die Kammeroper Frankfurt en Opera Classica Europa. In 2016 het hy na sy geliefde Suid-Afrika teruggekeer waar hy gereeld saam met die Pretoria Symphony Orchestra opgetree het, asook betrokke was by verskeie konserte, klassieke vertonings, musiekteaterstukke en “big bands”. Sy grootste rolle tot dusver was dié van Don Giovanni in die gelyknamige operastuk, Scarpia in Tosca en Wotan in Wagner se Die Walküre, een van die grootste rolle in die operarepertoire, wat hy in 2019 tydens ’n somerfees in New York vertolk het.

Bederf jou Valentyn hierdie Februarie en koop jou kaartjies betyds vir ’n betowerende liefdeskonsert!

Koop jou kaartjie

201 in voorraad

Kies jou sitplek (0)

R150,00

Bykomende inligting

Kaartjieprys

R150,00

Teater

Ouderdomsbeperking

13+

Kaartjies oor

201 in voorraad

Teken In Op Ons Nuusbrief

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL