2022-08-13

-

2022-08-27

15:00 | 19:00

15:00 | 19:00

0.0/5

Legato Koorfees

SKU N/A Kategorië , ,

In 2022 word die splinternuwe Legato-koorfees in samewerking met die AfriForum Teater op 13, 21 en 27 Augustus aangebied. Dié koorfees wil aan plaaslike kore die geleentheid bied om hul musikale passie uit te leef en hul harde werk en musikaliteit met gehore te deel.

Op Saterdag 13 Augustus 2022 om 19:00 trakteer Laerskool Monumentpark se junior koor, Laerskool Monumentpark se senior koor, Laerskool Tygerpoort se junior koor en die Hoërskool Eldorainge se Eldo Redente-Koor gehore met hul unieke koorprogramme.

Op Sondag, 21 Augustus 2022 om 15:00, is dit die beurt van ‘n spesiale gaskunstenaars Franco Prinsloo en Chris Vale gehore wat die gehoor sal vermaak met ‘n keur van Afrikaanse Kunsliedere gekomponeer deur Franco Prinsloo. Kore om na uit te sien is Laerskool Elarduspark se junior koor, die Rheinberger Kamerkoor, die Akademia-koor en SingFonix.

Op Saterdag 27 Augustus 2022 om 19:00, verwelkom ons weer vir gaskunstenaars Franco Prinsloo en Chris Vale en hulle sal die gehoor weereens vermaak met ‘n keur van Afrikaanse Kunsliedere gekomponeer deur Franco Prinsloo self. Kore om na uit te sien op hierdie aand is Laerskool Hennopspark Seniorkoor, Hoërskool Waterkloof “Klofiekoor”, Hoërskool Zwartkop Koor asook die Pretoria Mannekoor.

Koop jou kaartjie

Begin oor

Kies jou sitplek (0)

R100,00

Kaartjie inligting

Bykomende inligting

Kies datum:

13 Augustus, 19:00, 21 Augustus, 15:00, 27 Augustus, 19:00

Kaartjieprys

R100,00

Teater

WhatsApp Inligtingsgroep

AfriForum Teater het 'n WhatsApp-groep gestig waarby jy nou kan aansluit om op hoogte te bly van al ons nuus en promosies.

AfriForum-ledevoordeel

Het jy geweet? AfriForum-lede ontvang verskeie voordele en korting op AfriForum Teater-besprekings.

Deel hierdie geleentheid

Teken In Op Ons Nuusbrief

Tafel Styl

Teater Styl

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Het jy reeds ‘n profiel?

Teken nou aan of skep ‘n profiel vir ‘n beter gebruikerservaring.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL