2022-10-03

-

2022-10-07

10:00 | 11:00 | 19:00

10:00 | 11:00 | 19:00

0.0/5

Laerskool Noord

Laerskool Noord se leuse is Kyk Noord en Stoot Voort maar in hierdie lekker-lag produksie is dit alles behalwe die geval.  Drie onderwyseresse beplan ‘n verrassingsafskeidspartytjie vir hul skoolhoof se aftrede.  Tussendeur netbal-juffrou Zelda se vreeslose fluitjie,  Bets se dramatiese deurmekaar administrasie en kaftans en sorglose Marietjie wat probeer om die wit vlaggie van vrede te laat wapper en seëvier met haar glitter stickertjies en sticky notes, is hierdie personeelkamer ‘n tikkende tydbom.  En boonop gaan Meneer enige oomblik aankondig wie by hom oorneem as die nuwe hoof van Laerskool Noord. Kan dit een van hulle wees?

Laerskool Noord is ‘n komiese kykie na wat werklik agter die swartbord gebeur. Skrywer, Ilne Fourie, bekend vir haar RSG-radiodramas, kleur met haar tong-in-die-kies humor en pittige waarnemingsvermoë hierdie karakters so in dat iedereen van ons sonder twyfel een van ons oud-onderwyseresse sal herken.

Gideon Lombard, bekroonde akteur en regisseur, hou almal se varkies, en in Meneer se geval, poedels op hok.

Met: Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie en Neels Coetzee

Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp

Moontlik gemaak deur: Vrystaat Kunstefees, Momentum Beleggings Aardklop en NATi

Duur van vertoning: 75 minute.

Koop jou kaartjie

Begin oor

Kies jou sitplek (0)

R200,00

Kaartjie inligting

Bykomende inligting

Kies jou datum:

3 Oktober 11:00, 5 Oktober 19:00, 6 Oktober 10:00, 7 Oktober 19:00

Kaartjieprys

R200,00

Rolverdeling

Marion Holm, Margit Meyer-Rödenbeck, Ilne Fourie en Neels Coetzee

Teks en regie deur

Ilne Fourie en Gideon Lombard

Teater

Ouderdomsbeperking

Geen o/13

WhatsApp Inligtingsgroep

AfriForum Teater het 'n WhatsApp-groep gestig waarby jy nou kan aansluit om op hoogte te bly van al ons nuus en promosies.

AfriForum-ledevoordeel

Het jy geweet? AfriForum-lede ontvang verskeie voordele en korting op AfriForum Teater-besprekings.

Deel hierdie geleentheid

Teken In Op Ons Nuusbrief

Tafel Styl

Teater Styl

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Het jy reeds ‘n profiel?

Teken nou aan of skep ‘n profiel vir ‘n beter gebruikerservaring.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL