Hansie en Grietjie
Lank, lank, laaaaaaank gelede was daar ’n pittige jong man genaamd Hansie met ’n beeldskone sussie genaamd Grietjie. Die twee het beter oor die weg gekom as peanut butter & jam. Ongelukkig was kos min, skuld baie en geld nog minder in hulle huis en daarom is daar ’n plan beraam om die sussie en boetie in die woud te los. Hulle het egter nie tred gehou met Hansie die avonturier nie. Hy het so ’n ietsie bietsie dietsie plannetjie gehad om hulle uit die verknorsing te kry, wel ten minste die eerste keer. Kort voor lank het Hansie en Grietjie voor ’n liplek-lekker lekkergoedhuis – nom nom nom – gestaan. Maar, o wee, die huis was net mooi en lekker van buite, binne was dit ’n ander storie … dit het aan ’n nare vrou behoort … Die broer en suster moes begin flink dink en met spanwerk planne maak om uit die kloue van die aaklige vrou te ontsnap.
Koop jou kaartjie
Kaartjie inligting
Bykomende inligting
Datum: | 8 Julie 18:00, 9 Julie 10:30 |
---|
Kaartjieprys
R120,00