Germandt Geldenhuys - 'Dit nou daar gelaat…'
‘Dit nou daar gelaat…’ is Germandt Geldenhuys se terugkeer na die verhoog ná ’n lang jaar van by die huis sit, masker dra, hande was en sweetpakbroek dra.
Daar het baie gebeur in die laaste jaar; hy het baie gegroei, baie geleer en baie ervaar – en hy kies om dit te deel op die beste manier wat hy ken: vermaak, vertel, vertolk.
‘Dit nou daar gelaat…’ is ’n opvoering wat al ’n jaar lank in Germandt se kop rondmaal. Hy kombineer sang en stories, alles met een sentrale boodskap: Soms moet ons dinge bloot “daar laat”, en nie verder karring, komkommer of kwel nie.
Met sy fyn waarnemingsvermoë, skerp humorsin en vermoë om ook dieper te gaan, belowe hierdie produksie om die gehoor lank by te bly.
Koop jou kaartjie
Kaartjie inligting
Bykomende inligting
Kaartjieprys
R120,00
Teater
Ouderdomsbeperking
13+
Kaartjies oor
217 in voorraad