2022-10-09

13:00

13:00

0.0/5

Droomland

Vir die laaste 12 jaar is DuPreez Strauss mede-musiekregisseur en orkesdirigent vir Disney se The Lion King Musical in agt lande – vanaf Singapoer tot Nieu-Seeland tot die Filippyne. Hierdie teaterstuk is amptelik die suksesvolste kunswerk van alle tye, in enige medium, meer suksesvol dus as selfs enige popster of film ooit!

Vir DuPreez lê die  wonder van die Disney-wêreld by die feit dat dit mense van alle ouderdomme se lewens al vir byna 100 jaar ten goede verander met positiewe en opbouende inhoud en skoonheid.

Kom beleef jou gunsteling filmherinneringe op ’n heel nuwe manier met klavierinterpretasies en Afrikaanse storievertelling. Werke sluit in: Circle of Life (The Lion King), Let It Go (Frozen), A Whole New World (Aladdin), Colors Of The Wind (Pocahontas) en nog vele meer.  Hierdie solo-konsert is voorwaar wêreldklas!

Met: DuPreez Strauss

Teks: DuPreez Strauss, Disney Musicals

Duur van vertoning: 70 minute.

Koop jou kaartjie

376 in voorraad

Kies jou sitplek (0)

R200,00

Kaartjie inligting

Bykomende inligting

Kaartjieprys

R200,00

Rolverdeling

DuPreez Strauss

Musiek en lirieke deur

DuPreez Strauss, Disney Musicals

Teater

Kaartjies oor

376 in voorraad

WhatsApp Inligtingsgroep

AfriForum Teater het 'n WhatsApp-groep gestig waarby jy nou kan aansluit om op hoogte te bly van al ons nuus en promosies.

AfriForum-ledevoordeel

Het jy geweet? AfriForum-lede ontvang verskeie voordele en korting op AfriForum Teater-besprekings.

Deel hierdie geleentheid

Teken In Op Ons Nuusbrief

Tafel Styl

Teater Styl

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Het jy reeds ‘n profiel?

Teken nou aan of skep ‘n profiel vir ‘n beter gebruikerservaring.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL