0.0/5
Drie Kaalkoppe kuier tesame
Kategorië Aardklop, Komedie, Musiek, Storievertelling
Tags Aardklop, Dana Snyman, Erns Grundling, Koos Kombuis
Drie gesoute reisigers op die agterpaaie, ompaaie en kortpaaie van die lewe – Koos Kombuis, Dana Snyman en Erns Grundling – deel herinneringe deur voorlesings, gedigte, staaltjies, stories en musiek, wat ’n paar verrassende Koos-liedjies insluit. Koos, Dana en Erns het baie meer ooreenkomste as die feit dat hulle al drie kaalkoppe is!
Drie Kaalkoppe kuier tesame se doel is om te vermaak, te inspireer en vir kykers hoop te gee vir al die reise – in persoon en na binne – wat vir almal voorlê in hierdie geliefde, maar ook geknelde land.
Duur van vertoning: 80 minute.
Koop jou kaartjie
Kaartjie inligting
Bykomende inligting
Kaartjieprys
R220,00
Rolverdeling
Koos Kombuis, Dana Snyman & Erns Grundling
Teater
Ouderdomsbeperking
Geen o/12 jaar
Kaartjies oor
343 in voorraad