Bêreboksie vol Vlerke
Kaapse skrywer en kunstenaar Lidi de Waal, en musikant/komponis Lizanne Barnard se koppe en harte het mekaar gevind met die skep van hierdie besonderse komiese en hartroerende produksie.
‘n Wêreldwyse, eksentrieke Ouma wat nie op die bek geval is nie, se staaltjies van (verbode) liefde en leed op ‘n eng klein dorpie word meesterlik en innig vertolk deur die skitterende aktrise, Ira Blanckenberg. Ouma se stories word waargeneem deur Die Kind en later Die Vrou en so vervleg ‘n lewe met ander lewens en word uiteindelik ‘n verhaal wat ons almal kan vertel.
Die musiek vir Bêreboksie vol Vlerke is in 2021 benoem vir ‘n Ghoema Toekenning. Lidi de Waal kom kuier saam met ‘n uitstalling van haar boeke en magiese kunswerke. ATKV-wenner Lizanne Barnard was o.a. betrokke by die bekroonde produksie Landskap en was verantwoordelik vir die musiek en musiekregie van die bekroonde musiekgedrewe produksie Uit die Bloute.
Geskep deur: Lidi de Waal en Lizanne Barnard
Vervaardiger: Word Stil en Luister Produksies
Duur van vertoning: 80 minute.
Koop jou kaartjie
Kaartjie inligting
Bykomende inligting
Kaartjieprys
R180,00
Rolverdeling
Teks en regie deur
Orkestrasie en musiekregie deur
Teater
Ouderdomsbeperking
Geen o/12 (Taal)
Kaartjies oor
374 in voorraad