VOX-kamerkoor: Moedersdagkonsert 2021

Mei 9, 2021

Die Vox-kamerkoor bied op 9 Mei 2021 ’n spesiale Moedersdagkonsert aan by die AfriForum Teater in Pretoria. ’n Kort program van inspirerende koormusiek uit die pen van die komponis en dirigent Franco Prinsloo sluit koortoonsettings van Philip de Vos en Breyten Breytenbach in, asook ’n nuwe aangrypende geestelike werk. Soliste uit die koor verkwik die gehoor met kunsliedere en werke uit operas en musiekteater. Die koor word onder andere begelei deur ’n strykkwartet, trekklavier, glockenspiel en klavier.

Kaartjies sluit ’n sny koek en ’n heerlike cuppucino in. Kom bederf jou moeder met hierdie spesiale geleentheid!

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :