Voices of Winter

Junie 6, 2021

Pretoria het welbekend geword as die koorhoofstad van Suid-Afrika en drie van Pretoria se beste kamerkore, die Vox Kamerkoor, The Unison Voices en The Horizons Project Koor, tree by die AfriForum Teater op. Die program sluit musiek in van plaaslike komponiste soos Antoni Schonken, Mzwandile Mabuza, Pieter Bezuidenhout, Franco Prinsloo en Arthur Fedrer, asook bekende koorgunstelinge. Franco Prinsloo en Pieter Bezuidenhout het vir hierdie spesiale geleentheid ook twee spesiale werke gekomponeer wat twee van die kore vir ’n eerste keer sal sing.

Pretoria has become renowned as the choir capital of South Africa, and the AfriForum Theatre will be hosting three of Pretoria’s best chamber choirs – The Vox Chamber Choir, The Unison Voices and The Horizons Project Choir. The program will include music written by local composers such as Antoni Schonken, Mzwandile Mabuza, Pieter Bezuidenhout, Franco Prinsloo and Arthur Fedrer, and some more well-known choral favourites. For this special occasion, Franco Prinsloo and Pieter Bezuidenhout have also composed two special works that will be premiered by two of the choirs.

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL