TJOMINIS – Kersfees kinders

Desember 4, 2021

Die Tjominis is weer hier!

En dié keer om fees te vier.

Dis ’n splinternuwe show

Wat ons gaan hou hou hou.

Want dis Kersfeestyd.

Gesiggies soos liggies propvol jolyt.

Ons gaan dans, sing en spring

Terwyl ons hulde aan die Kersfeeskoning bring.

Op ’n sonnige somerige Saterdag

Gaan ons sing oor dié spesiale Stille Nag.

NB! Kersfees gaan oor ontvang, maar ook om te kan gee. Die Tjominis gaan ’n klein bederfpakkie aan elke minimaatjie uitdeel ná afloop van die vertoning. Maar ons wil ook saam met jou kan gee aan minimaatjies en mammas wat dié Kersfees dalk nie so gelukkig is om te ontvang nie. Daarom vra ons elke Tjomamma wat bereid is om moontlik een van die volgende items vir ons saam te bring:

–         ’n speelding waarmee nie meer gespeel word nie;

–         klere wat te klein is vir jou minimensie; of

–         ’n blikkie niebederfbare kos.

Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL