Spanish Fire – 02/05/2021

Mei 2, 2021

Moenie hierdie topklasvertoning en wêreldrekordpoging misloop nie! Wat gebeur as jy Suid-Afrika se voorste kitaarduo, CH2, kombineer met die vlytige voete van die Montoya Spaanse Dansers? Jy kry SPANISH FIRE!

Kom geniet treffers soos “Vyfster”, “Volare”, “Bamboleo”, “Despacito” en baie meer saam met die magiese span op die verhoog.

As wenners van veelvuldige toekennings, neem CH2 reeds dekades lank die voortou as dit by virtuoso-kitaalspel kom en hou hulle tans die wêreldrekord vir die vinnigste  kitaarspel. Hulle gaan egter tydens hul twee vertonings by die AfriForum Teater probeer om hulle eie wêreldrekord te breek . Sal hulle dit kan regkry? Kry nóú jou kaartjies om uit te vind.

Die Montoya Spaanse Dansers is wêreldbekend vir hulle danspassies en vinnige voete. Hul Spaanse danse sal jou voete laat jeuk en hulle kostuums is asemrowend! Kom geniet ook ’n vinnige les in Spaanse danse soos die dansers die gehoor van die verhoog af gaan vermaak en leer.

Spanish Fire is ’n uitverkoopvertoning, so bespreek nou jou kaartjies. Hierdie is een van Suid-Afrika se BESTE teaterproduksies ooit.

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :