Prof. Nola Dippenaar: Breingesondheid

Mei 20, 2021

** Hierdie praatjie word in Engels aangebied. **

Die mens se brein is die mees gesofistikeerde, kompleksste stelsel in die heelal!

Hierdie hardwerkende orgaan weeg sowat 1,4 kg. Boonop word sowat 25% van die totale cholesterol in die liggaam in die mens se brein gevind, wat noodsaaklik is vir breinfunksie. Die brein kan met ’n uiters kragtige rekenaar vergelyk word en bestaan uit ’n geskatte 160 miljard breinselle – wat na beraming gelykstaande is aan die aantal sterre in die Melkweg!

Met dié gesprek sal prof. Nola Dippenaar merkwaardige insig gee oor die werking van die brein, hoe die brein in ’n hoë mate deur ons lewenstyl beïnvloed word, asook hoe om die superspoedbreinsnelweë in stand te hou vir optimale funksionering.

Prof. Dippenaar in ’n neutedop:

Prof. Nola Dippenaar het twee meestersgrade in fisiologie asook biochemie verwerf voor sy haar Ph.D. verwerf het. Sy het haar loopbaan as dosent by Medunsa begin waar sy later as professor aangestel is. In 1999 aanvaar sy ’n posisie by die Mediese Skool van die Universiteit van Pretoria waar sy voor- en nagraadse mediese studente in die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe onderrig het voor sy op vroeë pensioen gegaan het. Nou as professor emeritus, bestuur sy haar eie praktyke in Pretoria en Kaapstad waar sy met maatskappye en individue konsulteer oor die fisiologie en biochemie van die menslike liggaam, insluitend gesondheidskwessies, waarvan elkeen individue bemagtig om verantwoordelikheid vir hul gesondheid te neem.

Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Reëls en regulasies tydens vlak 2 van die inperking.

  1. Slegs 250 mense word binne-in die teater toegelaat.
  2. Die dra van ’n masker is verpligtend.
  3. Saniteer jou hande by die deur.
  4. Die kombuis sluit om 21:00.
  5. Die kroeg se laaste rondte is 21:00.
  6. Die teater, kroeg en restaurant sluit om 22:00.
  7. Geen gaste mag ná 22:00 in die restaurant of teater wees nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL