Menlo-Maskerfees 16/09

September 16, 2021

Menlo-drama bied met trots die Menlo-Maskerfees 2021 aan, waar talentvolle Parkies die geleentheid ontvang om op ʼn professionele verhoog die kollig te betree. Die glimlagte en entoesiasme waarmee ons leerders, Menlo-kultuur op die verhoog verteenwoordig, getuig van die passie en liefde vir die uitvoerende kunste wat in hulle are bruis. Ons word bederf met ʼn fees van toneel en dans. Die gordyn gaan lig en ons fokus op drie tonele wat hierdie jaar die lig gesien het. Menlo-toneel bars uit sy nate met tale deelnemers wat dramaties hulle talente kon uitleef in verskillende produksies wat aan ʼn rekordgetal kompetisies deelgeneem het. By die ATKV verwerf hierdie akteurs verskeie prestasies wat ons op Parkie-bodem uiters dankbaar maak. Trots staan die Blou teater akteurs hul skoene vol.

Ons Blou teater vorm die tuiste van die kunste by Menlopark. Nie net drama en toneel word hier aangebied nie, maar ook dansklasse in drie verskillende genres. Tans spog ons met twee groepe dansers wat ook vanaand die verhoog met die akteurs en aktrises deel. Menlo-dansers verwerf verskeie silwer en goue medaljes op die jaarlikse Dance International kompetisie. Die individuele stukke is hartroerend. Wat ʼn voorreg is dit nie om ons dansers se talent hier by die AfriForum teater ten toon te stel nie.

Hierdie produksie is jaarliks ʼn hoogtepunt op die Menlo-kalender. Moet dit nie misloop nie.

Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Reëls en regulasies tydens vlak 2 van die inperking.

  1. Slegs 250 mense word binne-in die teater toegelaat.
  2. Die dra van ’n masker is verpligtend.
  3. Saniteer jou hande by die deur.
  4. Die kombuis sluit om 21:00.
  5. Die kroeg se laaste rondte is 21:00.
  6. Die teater, kroeg en restaurant sluit om 22:00.
  7. Geen gaste mag ná 22:00 in die restaurant of teater wees nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL