Lewe, liefde en lawwigheid: 1821-2021

September 26, 2021

Life, Love and the Ridiculousness: 1821 – 2021

Flute, clarinet and piano comes together with a unique romantic chamber music programme on 26th of September at The AfriForum Theatre. In this programme we pay tribute to Saint-Saëns with the 100th anniversary of his death by performing one of his early works: the catchy Tarantella for flute, clarinet and piano (op. 6) and one of his last works, the clarinet sonata (op. 167). The 200th anniversary of Franz Doppler’s birth is celebrated with the Andante and rondo for flute, clarinet and piano (originally scored for two flutes and piano). The andante consists of traditional romantic lyricism, while the rondo is jaunty and light-hearted. In the programmatic sonata for flute and piano by Reinecke (“Undine”), love is found and lost in this dramatic and tragic story of the water nymph Undine. The programme is ended on a lighter, humoristic and almost ridiculous note with the Grand Fantasia for flute, clarinet and piano by Malcolm Arnold, also as a celebration of the 100th anniversary of his birth.

Lewe, Liefde en Lawwigheid: 1821 – 2021

Fluit, klarinet en klavier span saam in hierdie unieke romantiese kamermusiekprogram op 26 September om in die AfriForum Teater. In die program bring ons hulde aan Saint-Saëns met die 100ste herdenking van sy dood deur die uitvoering van een van sy vroeë werke, die boeiende Tarantella vir fluit, klarinet en klavier (op. 6) en ook met een van sy laaste werke, die klarinetsonate (op. 167). Die 200ste herdenking van Franz Doppler se geboorte word gevier met die Andante en rondo vir fluit, klarinet en klavier (oorspronklik getoonset vir twee fluite en klavier). Die andante is ’n tradisioneel romantiese liriese werk, terwyl die rondo vrolik en lighartig is. In die programmatiese sonate vir fluit en klavier deur Reinecke (“Undine”) word liefde gevind en verloor op dramatiese wyse in die tragiese verhaal van die waternimf Undine. Die program eindig op ’n ligter, humoristiese en verspotte noot met die Grand fantasia vir fluit, klarinet en klavier deur Malcolm Arnold en die 100ste herdenking van sy geboorte word ook hierdeur gevier.


Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Reëls en regulasies tydens vlak 2 van die inperking.

  1. Slegs 250 mense word binne-in die teater toegelaat.
  2. Die dra van ’n masker is verpligtend.
  3. Saniteer jou hande by die deur.
  4. Die kombuis sluit om 21:00.
  5. Die kroeg se laaste rondte is 21:00.
  6. Die teater, kroeg en restaurant sluit om 22:00.
  7. Geen gaste mag ná 22:00 in die restaurant of teater wees nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL