Karimpel en Kadot-boekbekendstelling

Desember 11, 2021

Karimpel die hoedemaker ontmoet ’n ongewone vriend genaamd Kadot. Die neus-in-die-lug kabouters is onvriendelik met Kadot omdat hulle hom nie ken nie. Sal hulle ooit weer van Karimpel se hoede koop?

Kom luister saam na die storie en ontmoet Karimpel en Kadot!

Skrywer Jacolene du Plooy is ’n spelterapeut. Haar passie behels om kinders met die vaardighede te bemagtig om emosioneel gesond en sosiaal bekwaam te wees. Haar eerste kinderboek Karimpel en Kadot verskyn eersdaags. Die boek bevat oulike aktiwiteite en is die perfekte Kersgeskenk vir kinders tussen die ouderdomme van 4 en 9 jaar. Die boek word op ’n prettige manier met handpoppe voorgelees.

Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL