Gedrag – Andrew Gould 10 & 11 Desember

Desember 10, 2021

Andrew Gould ontbloot sy siel in hierdie skreeusnaakse en intieme produksie oor geestesongesteldheid, liefde en ’n lewenslange begeerte om op die verhoog te wees … soms in ’n rok geklee.

Met begeleiding van ’n orkes, sal Andrew jou meevoer met immergroen treffers, van bekende jazznommers tot polsende popballades. Sy eerlike humorsin gekombineer met sy vloeiende vokale stilerings, sorg vir ’n geleentheid wat nie misgeloop mag word nie en wat jou van begin tot einde sal laat saamsing.

Vertoning is 90 minute lank, met ’n pouse van 20 minute.

Andrew Gould bares his soul in this hilarious and intimate production about mental illness, love and a lifelong desire to be on stage. Sometimes while wearing a dress.

Accompanied by a live band, Andrew will serenade you with the classics, from familiar jazz standards to powerhouse pop ballads. His honest sense of humour combined with his smooth vocal stylings creates an unmissable event that will have you singing along from beginning to end.

The duration of the show is 90 minutes, with a 20-minute break.

Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL