Boekvoorlesing: Prinsessie en die Boekeman

September 11, 2021

Prinsessie en Boekeman begin, soos alle goeie stories, eendag lank, lank gelede en neem klein lesers saam op Prinsessie se reis in haar wonderwêreld van boeke.

Hoewel Prinsessie skynbaar alles het wat haar hart begeer, kruip sy dikwels weg tussen die bladsye van haar boeke, waar die karakters haar enigste ware maats is. As die storms woed, bou sy ’n boekefort om haar teen die storms én die lewe te beskerm.

Eers lees klein Prinsessie oor Wolraad Woltemade, Racheltjie de Beer en rare karakters uit feëverhale. Later droom sy van prinse op perde uit ver, ver lande. Uiteindelik gaan sy self op reis en vind die een ding waarvan sy nooit kon droom nie – ’n boekeman!

En toe? Kom luister self die storie verder en vind uit wat gebeur …

Trek aan soos ‘n prins of prinsessie en jy kan die gelukkige wenner van jou eie Prinsessie-boek wees.

Prys sluit ‘n kolwyntjie in.

Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.

Reëls en regulasies tydens vlak 2 van die inperking.

  1. Slegs 250 mense word binne-in die teater toegelaat.
  2. Die dra van ’n masker is verpligtend.
  3. Saniteer jou hande by die deur.
  4. Die kombuis sluit om 21:00.
  5. Die kroeg se laaste rondte is 21:00.
  6. Die teater, kroeg en restaurant sluit om 22:00.
  7. Geen gaste mag ná 22:00 in die restaurant of teater wees nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL