Helena Hettema

November 6, 2021

’n Aand van Franse legendes, ’n bietjie divine en ’n tiksel rooiwynliefde.

Die gevierde kabaretkunstenaar, liedjieskrywer en aktrise Helena Hettema bied ’n veelsydige en omvattende program aan, en word begelei deur die begaafde pianis Elsa Strating. Strating was ook verantwoordelik vir die verwerkings van Helena se nuwe DVD Divine, wat in 2020 tydens die inperking opgeneem is.

Helena sing gewilde chansons van Franse legendes soos Piaf (ook bekend as die “Mossie van Parys”), Brel, Mireille Matthieu en Aznavour. Sy vergas ook met tydlose treffers uit haar nuwe vertoning Divine, ’n huldeblyk aan die groot divas en blyspele soos Evita, Fiddler on the roof en Les Miserables, maar ook dié van befaamde divas Judy Garland, Shirley Bassey en Corry Brokken. Sy vertolk die hartroerende “La Mamma”, wat deur Charles Aznavour getoonset is en vertel van ’n sterwende sigeunerkoningin.

Die kabaret sluit in liedjies soos “Over the Rainbow” van Judy Garland en die kragtige “Never, Never, Never” van Shirley Bassey. Daar is ook etlike van Helena se eie komposisies en liedjies van plaaslike kunstenaars soos Anton Goosen, Christa Steyn en Koos du Plessis.

Deel hierdie vertoning

Share on whatsapp
Share on telegram
Share on facebook
Share on twitter
Share on email

vul hierdie vorm in om die teater te bespreek

  • MM slash DD slash YYYY
  • :

Ontvang die jongste teaternuus

Bepalings & Voorwaardes

  • Sodra die verkoop afgehandel is, sal geen kaartjie omgeruil word nie. Geen terugbetalings sal gemaak word nie, behalwe as gevolg van die uitstel of kansellasie van die gebeurtenis en volgens die oordeel van Dapper Media. Verlore kaartjie(s) sal nie vervang of terugbetaal word nie.
  • Toegang sal geweier word as daar gevind word dat kaartjies geknoei, vervals en / of nie by ‘n gemagtigde verkooppunt gekoop is nie.
  • Ouderdomsbeperkings en -reëls geld. Geen terugbetalings sal gemaak word vir die onkunde oor hierdie beperkings nie. Plaaslike voorwaardes vir toegang word op die lokaal vertoon.
  • Die bemarker / Lokaleienaar behou die reg voor om, sonder terugbetaling of vergoeding, toelating te weier / enige persoon(e) wie se gedrag wanordelik of onvanpas is, uit te sit.
  • Die bemarker / lokaal-eienaar kan die gebeurtenis uitstel, kanselleer, onderbreek of stop as gevolg van ongunstige weer, gevaarlike situasies of enige ander oorsaak buite sy redelike beheer.
  • Vrywaring: Hiermee gee jy, die kliënt, toestemming dat Dapper Media en AfriForum Teater jou besonderhede mag gebruik vir bemarkingsdoeleindes.
  • Vir spesiale behoefte-sitplekke, stuur asseblief ‘n e-pos na info@dappermedia.co.za
  • Handreiniger sal verskaf word by u aankoms.
  • Die dra van maskers by die AfriForum Teater is verpligtend, behalwe vir kinders onder die ouderdom van 5 jaar.
  • Die Teater se deure sal 5 minute voor die aanvangstyd van die geskeduleerde vertoning sluit, waarna u nie meer die Teater sal kan binnegaan nie.
  • Kunstenaars sal ongelukkig nie beskikbaar wees vir foto’s of handtekeninge voor-, of na die vertoning nie.
AFRIFORUM TEATER IS ’n KONTANTVRYE PERSEEL